IRENE-LOUISE VAN WYK

IRENE-LOUISE VAN WYK

Al is Irene-Louise van Wyk vanjaar maar eers drie jaar doenig in die musiekbedryf, het sy dit reggekry om in ’n kort tydjie diep spore te trap in die harte van haar aanhangers.

Nie net het sy al saam met van die land se voorste kunstenaars, soos Nianell en Elvis se Seun, gewerk nie, maar van haar treffers het ook verskeie weke bo aan die treffersparades van talle radiostasies gekuier.

Mond Sê, haar nuutste enkelsnit, is pas vrygstel en gaan voortbou op die sukses wat sy sover bereik het. Haar unieke pop-stem is die perfekte pasmaat vir elke ritmiese liriek... en die eindresultaat is ’n voetstamplekker luistertreffer wat selfs die kritieste oor sal beïndruk.

Contact Form

Please enter your details and we will get back to you.