ADAM-JHB

ADAM-JHB

Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf.

Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het nou maar een maal ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie.

Hulle eerste enkelsnit, Sê My (Bewe), is vroeg in 2018 al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd. Maar nou, met die uitreiking van hulle tweede enkelsnit, Kalmeer, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika.

Contact Form

Please enter your details and we will get back to you.